Die Driemanskap van 1813: Gijsbert Karel van Hogendorp, Frans Adam van der Duyn van Maasdam en Leopold van Limburg Stirum op die monument op Plein 1813 te Den Haag.
Die Driemanskap van 1813 oftewel die Voorlopige Bewind het kortstondig (vanaf 20 November 1813 tot 6 Desember 1813) die huidige Nederland regeer aan die einde van die Napoleontiese tydperk, voordat Willem I van die Nederlande die troon bestyg het. Hierdie driemanskap, wat die algemene bestuur gevorm het, het bestaan uit Gijsbert Karel van Hogendorp, Frans Adam van der Duyn van Maasdam en Leopold van Limburg Stirum.[1][2]